Miskien is jou land net 'n plek in jou eie gemoed.
Iets waaroor jy droom en sing.
Miskien is dit nie 'n plek op 'n kaart nie,
maar net 'n storie vol mense wat jy ontmoet en plekke wat jy besoek.
Ek is nie bang om huis toe te verlang nie en geen taal te hê om in te lewe nie.
Ek hoef nie soos enige iemand anders te wees nie...