Miskien is jou land net 'n plek in jou eie gemoed.

Iets waaroor jy droom en sing.

Miskien is dit nie 'n plek op 'n kaart nie, 

maar net 'n storie vol mense wat jy ontmoet en plekke wat jy besoek.

Ek is nie bang om huis toe te verlang nie en geen taal te hê om in te lewe nie.

Ek hoef nie soos enige iemand anders te wees nie... 

Take me back

Deesdae smag my hart na die Afrika van my kinderjare 
Sorgvrye somers en winters langs die kagel 
Mielielande en rooi grond 
Beeste, vlieë en vars melk
Bakkies, biltong en braaivleis 
'n .22, 'n tarentaal en die vuil hond 
Berge, slaapsakke, hardekool en boerewors 
Die blitz van Laeveld weerlig en die swart en geel van 'n Hoëveld donderstorm
Visvang met Pa
Ma se kos 
O bring my terug na die ou Transvaal